Beskuit Gemaak Met Liefde
Tisha se Lip Lekker Biskuit
-
Tisha's Beskuit Boks
Regular price R 330.00 ZARRegular priceUnit price / perSale price R 330.00 ZAR -
Cranberry & White Chocolate Volgraan Beskuit 550g
Regular price R 95.00 ZARRegular priceUnit price / perSale price R 95.00 ZAR -
Melktert Beskuit 500g
Regular price R 80.00 ZARRegular priceUnit price / perSale price R 80.00 ZAR -
Piesang Vingers Beskuit 500g
Regular price R 80.00 ZARRegular priceUnit price / perSale price R 80.00 ZAR
Video
Krummels Koekies
-
"Special Edition" Krummels Koekie boks
Regular price R 330.00 ZARRegular priceUnit price / perSale price R 330.00 ZAR -
Krummels Koekie boks
Regular price R 330.00 ZARRegular priceUnit price / perSale price R 330.00 ZAR -
Bar One koekie
Regular price R 55.00 ZARRegular priceUnit price / perSale price R 55.00 ZAR -
Oreo koekie
Regular price R 55.00 ZARRegular priceUnit price / perSale price R 55.00 ZAR
Tishas Tuisgebak
Tisha's Beskuit Boks
Share

Ontmoet vir Tisha
Almal noem nog altyd vir Letitia op haar noemnaam Tisha.
Gif kom mos in klein pakkies en Tisha, wat nou in graad 8 is, is sekerlik die kortste in haar skool, maar moet haar nie miskyk nie - sys feisty.
Meer oor Tisha
Sy hou van swem en enige sport. Sy het ’n lekker terg gees en is bitter bang vir enige gogga.
Sy en haar 2 sussies bak elke Desember vakansie pannekoek in haar ouers se slaghuis vir ’n ekstra sakgeldtjie of toergeldtjie.
Sy is mal oor gimnastiek, en doen gimnastiek al vandat sy 4 jaar oud is. Haar grootste droom is om eendag Olimpiese spele toe te kan gaan vir gimnastiek. Sy oefen tans baie hard daarvoor en is deel van die top gimnaste in Suid Afrika.
Omdat Bloemfontein nie die fasiliteite het om haar te kan afrig in gimnastiek nie, ry haar mamma en pappa haar 3x ’n week vanaf Bloemfontein tot in Alberton, waar sy by Legacy Gymnastics haar gimnastiek oefen. Tussen deur die oefen en laat aande en ure in die kar, doen sy maar haar skoolwerk en leerwerk so in die kar tussen Bloemfontein en Johannesburg.
Sy werk altyd hard, oefen hard en is altyd vriendelik.
Sy is ook ’n Protea danser en het in 2024 en 2025 nr 1 gerang in SA vir Disco dance. Sy het gaan deelneem aan die Disco Wereld Kampioenskappe in Duitsland in 2024 waar sy ’n 5de plek behaal het. 2025 het sy weer die Protea span gemaak en weer nr 1 in SA gerang en was sy Poland toe waar sy gaan deelneem het vir die dans en 'n 9de plek behaal het.
Sy is ook gekies om deel te wees van die gimnastiek span wat 2025 in Malta gaan deelneem het (haar droom om aan ’n Internasionale gimnastiek kompetisie deelteneem). Daar het sy 'n algehele 4de plek gekry.
Sy het Tisha’s beskuit begin nadat haar pa gevra het sy moet help beskuit bak vir sy winkel (The Fat Butcher) en toe besef het daar is ’n lekker plekkie vir haar om die besigheid te begin en om ’n geldtjie intesamel vir al die leotards en “travels”.
Sy kan net naweke haar beskuit bak want sy is in die Koshuis en kom net naweke huistoe. So tussen deur die gimnastiek oefening en dans kompetisies, bak sy haar beskuit, droog dit, verpak dit en stuur dit dan vir al haar kliente.
Sy is tans besig om geld intesamel om al hierdie kampioenskappe te kan bywoon en sodoende ook nader aan haar Olimpiese droom te kan kom.
Groot Drome
Gimnastiek
Dans

